Tuesday, 4 March 2014

‘n Man sien nie altyd dinge soos ons dit sien nie.





Ek dink byvoorbeeld aan die naweek, my man, is eintlik baie oulik, hy probeer altyd verstaan wat ek doen en probeer my altyd ondersteun.  Ek weet hy he dat ek  altyd spesiaal moet voel.  Ons kan ook soms mekaar misverstaan.  Dis regtig so, ek sal iets doen wat hy net nie kan verstaan nie.  Hy se ook ek verstaan jou nie.  Ek het toe vir hom die naweek gese ‘jy moet my nie verstaan nie, dis jou werk om my net lief te he.’ 

Hoekom is hy speciaal vir my?  Wel op die oomblik is hy die enigste een wat presies weet wat in my lewe aan die gang is.  Ek praat natuurlik met my kinders maar daar is goed wat ek nie met almal deel nie.  Dis persoonlik en omdat dit persoonlik is weet hy daarvan.
So my liewe man net ‘n woordtjie:  ek dink jy is wonderlik met jou eienaardige insigte, ek is lief vir jou met al jou snaakse idees.  Ek waardeer dat jy my nie inperk nie en dat jy my die Vryheid gee om te kan lewe soos ek wil.  Baie dankie.

Mag jy ‘n wonderlik dag geniet by die werk en wanneer jy huis toe kom hoop ek jy sal darem iets van my kan verstaan.  Of nie!

No comments:

Post a Comment

Featured post

Exciting Opportunities: Be Part of South Africa's Top Conferences in 2025!

Discover the Future of Energy, Hospitality, Transport, and ESG Across Africa I am thrilled to share a glimpse into some remarkable proj...